Why I love South Africa: Growing up Day 2

mielies
We had a barn/shed and we jumped in the mealie husks (and itched a lot afterwards)

As I mentioned earlier I am going to start with me growing up in South Africa and then move on from there.  I was born in Potchefstroom and grew up in Mafeking. We stayed in town and later on we went to live on a plot is a place called Buhrmannsdrift. It was carefree days of farm living. Going to school and playing in the veldt. It was the days before digital cameras so unfortunately I don’t have a lot of pictures of this time.

I remember waiting for the bus in the mornings to go to school. I remember walking barefoot. But what I remember most is the feeling that I am loved and that I am special.

What I love about South Africa is the fact that you can breathe freely and that there is open space for a child to explore.

31 days

For a full list of posts in this series please click here.

Because He cares

becausehecares

Africa is a beautiful continent. There is an abundance of wildlife. The animals and landscape echoes that there is a Creator. If you look up at the sky at night you must wonder in awe who created this?

Another harsh reality is that Africa is full of wars and strife. Because our Creator cares for us He sustains us. He gave us the Bible full of references to plants and animals (and the stars) that we can just look around us to be reminded of Him.

Because He cares He sent His only Son so that we can live forever in His presence.

I have linked up with the global Five Minute Friday Community, bloggers join together to write freely on one prompt for Five Minutes.

Wie se opinie is belangrik?

Soos ek vroeer genoem het was Vrydag nie ‘n lekker dag nie. Ek is nogsteeds ‘n bietjie omgekrap daaroor maar dink terselftertyd aan die woorde

Doen alles wat jy doen asof vir die Here.

Dit het my verder laat dink vir wie doen ek  my werk, vir wie se eer doen ek dit? Vir myself? Vir mense of vir die Here? 

Ek gaan nou meer positief wees en my gesindheid verander.

Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he…

More is Maandag. Ek gaan nie myself bejammer nie en werk vir die Here.

Sal laat weet hoe dit gaan 🙂

My eerste gebreekte arm.

gebreekte arm
My eerste gebreekte arm

Van kleins af het ek maar altyd probleme gehad met my arms en bene. Was nog nooit baie vas op my voete nie. Dit kan toegeskryf word aan baie redes maar die feit is ek loop liewer op my kniee as op my voete. Ek kan nie presies onthou hoe my arm gebreek het nie. Ek onthou van ‘n renerige dag in Vanderbijlpark en my ma wat se ons moenie op die nat klimraam speel nie. Ek onthou die seuntjie het met ‘n pyp teen die klimraam gekap en dit het so ‘doef doef doef’ gemaak. Daarna sien ek myself van buite af op my sy le en my arm is baie baie seer. Ek was omtrent 4 jaar oud. In jare daarna het ek baie probleme gehad met juis hierdie arm. Daar het iets fout gegaan met die spalk van die arm en ek moes ‘n operasie kry toe ek tien was om die senuwee te gelei. Dit alles bring my net weer by keuses. Gaan ‘n mens jouself bejammer en opgee of gaan jy uithou en aanhou. Met almal van ons gebeur daar soms(of gereeld) slegte goed. Dit is jou besluit wat jy daarmee gaan maak.

Volg my op Twitter @AmandaCalitz

Keuses

Gister was nie ‘n baie lekker dag nie. Ek is siek al vir die hele week maar hou uit en hou aan. Ek hou skool en sien gemiddeld 160 kinders per dag vir klas. Die meeste van die goed wat ons in die Afrikaanse klas doen publiseer ek in my Blog Afrikaansisfun. In elk geval daar was toe ‘n hele paar spoedhobbels in my pad en by my doktorsafspraak later die middag hoor ek toe dat ek boonste lugweginfeksie het. Ek besef toe weereens ‘n mens het altyd twee keuses: gaan jy jouself bejammer of gaan jy aangaan. Selfbejammering is die (lekkerder) makliker opsie volgens my. ‘n Mens kan op ‘n hopie gaan sit voor die TV en net opgee of jy kan besluit dat hierdie ding jou nie gaan onderkry nie. 

Ek is toe op die randjie van selfbejammering en opstaan en aangaan. Maklik of moeilik. Die Bybel se ‘n mens word nie bo jou kragte versoek nie. So ek het toe besluit om op te staan en aan te gaan. Om te dink aan al die goeie goed en maar nie vir die berge te hol nie. Ten minste is ek darem nou sonder ‘n muis in die huis! Iets om voor dankbaar te wees…tel jou seeninge een vir een…as ek nou al my seeninge hier moet opnoem gaan jy nog vir dae lees. So laat ek voortgaan en aangaan al is dit hoes hoes vir nog ‘n paar dae.

Tot later!

Amanda

Volg my op Twitter @AmandaCalitz